Akademie vir Wetenskap van Suid-Afrika

Akademie vir Wetenskap van Suid-Afrika se kenteken
Moet nie met die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns verwar word nie

Die Akademie vir Wetenskap van Suid-Afrika (Engels: Academy of Science of South Africa (ASSAf)) is die nasionale wetenskapakademie. Dit is in 1996 begin en omvat alle velde van wetenskaplike werk.[1] Die wetlike grondslag daarvan is die Wet op die Akademie vir Wetenskap van Suid-Afrika, Wet 67 van 2001, wat in Mei 2002 in werking getree het.[2]

Die Akademie vir Wetenskap van Suid-Afrika is in Maart 1996 deur die voormalige President van Suid-Afrika en beskermheer van die Akademie, Nelson Mandela, ingehuldig.[3]

In 2021 het die Akademie 632 lede gehad.[4]

  1. ASSAf, p. 47.
  2. ASSAf, p. 22.
  3. ASSAf, pp. 48-50.
  4. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Members

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search